
Ek het onlangs n professionele Colour Analysis by Bianca laat doen , en dit was een van die beste besluite wat ek nog ooit gemaak het. Ek het nog altyd darvan gehou om kleurvolle uitrustings te dra , maar was soms onseker of die spesifieke kleur my vel en donker kenmerke komplimenteer. Ek wou ook graag uitvind watse haarkleur and grimeringskakerings my die beste pas. Bianca se Colour Analysis het al die antwoorde vir my gegee. Die proses was vir my so fasssinerend en baie gedetailleerd. Dit was crazy om te sien hoe verskillende kleure die ondertoon van my vel , my oogkleur en algehele voorkoms kan verander. Sommige kleure het my gesonder , helderder an meer lewendig laat lyk , terwyl ander my heeltemal uitgewas en moeg laat lyk het. Ek was as n Winter Dusk geidentifiseer. Ek was so gelukkig om uit te vind dat die meeste kleure waarna ek aangetrokke is eintlik die beste kleure vir my is. Ek het definitief die sessie met meer selfvertroue verlaat , en opgewonde om nuwe klere te koop wat my sal laat goed voel. Bianca is baie professioneel en sy weet waarvan sy praat. Sy is een van die vriendelikste mense wat ek al ooit onrmoet het. Ek sal definitief n Colour Analysis by Bianca aanbeveel as jy jou klerekas en voorkoms n bietjie wil opkikker. Jy sal nie spyt wees nie!!
Read moreMelissa